Thursday, December 11, 2008
Maria
(stop net die ander musiekmakertjie!)
Tuesday, November 25, 2008
Onse Vader...
Monday, October 27, 2008
Wednesday, October 15, 2008
Before I were a mom...
I made and ate hot meals.
I had unstained clothing.
I had quiet conversations on the phone.
Before I were a Mom,
I slept as late as I wanted
And never worried about how late I got into bed.
I brushed my hair and my teeth everyday.
Before I were a Mom
I cleaned my house each day.
I never tripped over toys or forgot words of lullabies.
Before I were a Mom
I didn't worry whether or not my plants were poisonous.
I never thought about immunizations
I had never been puked on
Pooped on
Spit on
Chewed on
Peed on
Or pinched by tiny fingers
Before I were a Mom I had complete control of:
My thoughts
My body
And my mind.
I slept all night
I never held down a screaming child so that doctors
could do tests or give shots.
I never looked into teary eyes and cried.
I never got gloriously happy over a simple grin.
I never sat up late hours at night watching a baby sleep.
I never held a sleeping baby just because I didn't want
to put it down.
I never felt my heart break into a million pieces
when I couldn't stop the hurt.
I never knew that something so small could affect
my life so much.
I never knew that I could love someone so much.
I never knew I would love being a Mom.
I didn't know the feeling of having my heart outside my body.
I didn't know how special it could feel to feed a hungry baby.
I didn't know that bond between a Mother and her child.
I didn't know that something so small
Could make me feel so important.
I had never gotten up in the middle of the night
Every 10 minutes to make sure all was okay
I had never known the warmth
The joy
The love
The heartache
The wonder
Or the satisfaction of being a Mom.
I didn't know I was capable of feeling so much before I were a Mom.
Friday, October 10, 2008
Hallo pragtig!!!
Klein Mia is gister die 9de Oktober om 14h44 in Pretoria gebore. Sy is 46cm lank en weeg 'n hele 2.84kg!
Mandie en Jansie - baie geluk vir julle, mag sy vir julle nog baie vreugde bring!
Love Incarnated
Hold your breath
And take a peek
You’ve never seen
A girl this sweet
Long eyelashes
Perfect lips
Feel how strong
Her fingers grip!
Eyes squeezed tight
A baby sigh
Mommy whispers
A lullaby
Daddy tweaks
A tiny curl
In silent pride
His little girl
Not a whimper
Good as gold
In loving arms
That ached to hold
Months of waiting
Now she’s here
They share a smile
And then a prayer
Thank you Father
Up above
For this new gift
Of living love
~ Kristen Singh ~
Mia-lief, jou mamma kon nog nooit hardloop, spring, netbal speel, dans, aan atletiek deelneem of hopscotch speel nie, maar op een of ander manier, ek dink dis 'n kombinasie van genade en suiwer wilskrag het sy jou 'n volle 38 weke gedra! Jy is geseënd met 'n engel van 'n mamma, wees goed vir haar. En Jansie, wees lief vir haar. Sy is kosbaar.
Mandie - ek salueer jou!!! Jy het reggekry wat almal insluitende die wetenskap gesê het onmoontlik is. Ek buig laag!!!!
Sunday, October 5, 2008
Normaal
(Ek kannie eers ordentlike foto's geneem kry nie.... )
Ek het die lewe tegemoet geloop
met agtienjarige alwetendheid
ʼn sak vol drome
en woelende ongeduld
Ek het die lewe uitgedaag
met jeugdige onbesonnenheid
al sy ure kaal gestroop
en hom móég geleef
En nou in my grysheid
by kalme waters en sielerus
is dit my herinneringe
wat brandhout teen die winter is
Friday, October 3, 2008
Stukke van my hart!
Ouboet is nou 4 jaar en ses maande...
En Poppedyn is 1 jaar en amper 4 maande!!!!
My Pride en Joy!!!!
Thursday, October 2, 2008
Om te glo...
Wat glo ek en hoekom glo ek... Dis eintlik bitter eenvoudig. Ek is een van daardie gelukkige/ongelukkige- mense wat iets kan glo sonder om dit te sien. Ek kan kies om iets te glo en daarby bly ten spyte van wat ander my probeer oortuig. Ek kies om in God te glo, ek kies om in sy Almag te glo, ek kies om in die Ewige lewe te glo... sonder bewyse... Ek kies om in die Bybel te glo, omdat ek WIL.
Ek kies om in die mooi goed van die lewe te glo... Vriendskap, Vreugde, Vrede, Verdraagsaamheid - al bewys die wêreld daagliks die teendeel. Ek kies om te glo dat die lewe goed is. Dat daar nog mense is wat omgee en saamstaan. Ek kies om te glo in goeie huwelike, wat hou 'till death do us part' al bewys die samelewing daagliks die teendeel. Ek kies om te glo dat daar in die donkerste omstandighede 'n helder lig net om die hoek skyn. Ek kies om te glo dat mense inhirent goed is, ten spyte van die verkeerde dinge wat hulle aanvang. Ek kies om te glo in 'n toekoms vir my kinders.
Ek is ingestel daarop om eerder die pragtige waterval as die dooie vis raak te sien. Ek is ingestel om eerder die kleure van die sonsondergang as die lugbesoedeling raak te sien. Ek verjeug my oor elke babatjie wat gebore word eerder as om te kwel oor wat van die arme mens gaan word....
Miskien is ek naief, maar ek sal wragtig nie toelaat dat die negatiewe samelewing of die wetenskap my van my lewensvreugde beroof nie. Ek kies om aan die 'nice' dinge in die lewe te glo. Ek is opgewonde as argeoloë beweer hulle het iets ontdek... Nie omdat dit vir my iets bewys nie, bloot omdat dit interressant is. Geen ontdekking van 'n ark of 'n stad of 'n grot of 'n kruis 'for that matter' gaan 'n verandering in my geloof teweeg bring nie, maar dit is eenvoudig vir my 'amazing'.
Maak dit van my 'n slegter, dommer, eenvoudige mens.... Ek glo nie. Dit maak bloot my lewe interressant, my hart gelukkig en hou my vlammetjie aan die brand.
Ek skryf nie hierdie dinge om 'n vreeslike argument aan die gang te sit nie, ek skryf dit nie eers om kommentaar te hoor nie, ek skryf dit bloot omdat ek wil. Ek wil nie van die teendeel oortuig word nie, so asseblief moenie 'n slagveld van hierdie post maak nie. Ek is versot op vrede.... Ek is versot op die mooi dinge in die lewe en meer nog ek kyk deur 'n rooskleurige bril na die lewe.
Beteken dit dat ek nog nooit die donkerkant van die lewe gesien het nie. As julle dit glo het julle nie 'n idee nie. Ek kan insetsels uit my lewe vertel wat mense se hare sal laat regop staan, juis daarom of miskien as gevolg daarvan, of moontlik omdat hierdie dinge in my lewe gebeur het en ek moes kies om 'n rassionele, denkende, 'normale' mens te bly glo ek in dit wat mooi is. Ek is nie onnosel nie, ek weet ons lewe nie in 'lala-land' nie. MAAR weereens ek KIES om die mooi raak te sien, om my kinders van feëtjies en kaboutertjies te leer, om hulle te laat glo in Kersvader en die tandemuis, om hulle die mooi kant van die lewe te wys en dan wanneer die tyd reg is, hulle te lei en te leer dat hulle ook kan kies om positief te wees ten spyte van die gebroke, afskuwelike wêreld waarin ons bly...
Tuesday, September 30, 2008
Jou huis is waar jou hart is...
Dis die eetkamer gedoente... Hierdie is 'n 'oopplan' huis. Ek sukkel so bietjie met hierdie konsep maar sal nog daar kom. Die lessenaartjie voor die venster is een wat my pa vir my seuntjie gemaak het en ek is bitter heilig op hom, daarom is hy dan sommer so ingedruk. Ek weier dat hy 'n staanplek in die motorhuis vind.
Hierdie stoel is al vir geslagte in my man se familie. Handgemaak en pragtig...
Poppedyn se kamer...
En ons kamer wat sommer as doekruilstasie en alles moet dien omdat daar eenvoudig net nie plek is vir alles nie.
Saturday, September 27, 2008
Die vrug
Vrugte - perskes is my gunsteling!! Gewone perskes, geel perskes, gedroogte perskes enige perskes en kort op hulle hakke is pynappel... 'n Koejawel kan ek nie hanteer nie, selfs die reuk maak my siek! Nog van my gunstelinge is aarbeie (ek is seker dit is wat die engele eet!) en naartjies. Om eerlik te wees, gee my enige vrug buiten natuurlik 'n koejawel en ek is tevrede. Doodtevrede!
Selfs die Bybel praat van vrugte. Vye word orals genoem, moontlik omdat dit so eie aan die streek was. Dan is daar ook natuurlik die Bybelse dieet. Hierdie dieet maak jou nie maer nie, dit maak jou gesond, 'n beter mens, ryker en oor die algemeen, 'n mens so na God se hart. Waarvan praat ek, ek praat van Galasiers 5 se dieet. Daar staan: "Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing." Ek maak dit nie, ek kan dit nie maak nie, nie eers in een van die bogenoemde voldoen ek nie, - Liefde - Ja ek het my eie lief, ek kies vir wie om lief te hê, ek dop die toets... Vreugde - Ja ek is gelukkig, maar sal ek soos Paulus met my voete in houtblokke twaalfuur in die nag vir God kan prys en sing. Ek dop die toets... Vrede - ek soek in alles vrede, maar... ek dop die toets... Geduld - ek vat lank om kwaad te word, maar dan word ek kwaad, nie dat dit noodwendig verkeerd is nie, maar die manier waarop ek kwaad word is verkeerd. Ek dop die toets... Vriendelikheid - Ja, met hierdie een doen ek goed, of doen ek, is ek vriendelik in die oggend as ek opstaan?... Groet ek vreemdes, is ek vriendelik as iemand my onderbreek as ek besig is met iets?... Ek dop die toets... Goedhartigheid - Is ek goedhartig teenoor die man wat met sy bordjie by die robot staan? of teenoor die bedelaar wat elke Dinsdag in my asbliksakke kom krap? Ek dop die toets... Nederigheid - oor die algemeen is ek 'n baie nederige mens, rerig, maar is ek nederig genoeg om 'n geselsie aan te knoop met die vrou wat sit en mandjies vleg op die hoek van die straat of om selfs net goeiemore te sê vir die voddevrou wat haar trollie langs haar slaapboks by die kettingwinkel instoot? Ek dop die toets... Selfbeheersing - Daar wil ek nie eers gaan nie, EK DOP DIE TOETS!
Wat interressant is, is die feit dat daar nie staan "Die vrugte van die Gees nie" maar dat dit in enkelvoud genoem word, VRUG, as jy nie almal het nie, skiet jy in almal tekort. Daar is nie 'n kortpad nie... Dis hoe dit is... Ek dink dit is tyd dat ek op dieet moet gaan.
Thursday, September 25, 2008
Vreemde tye
Soms kom daar vreemde tye in ons elkeen se lewens. Kruispaaie, stopstrate, selfs robotte en dan moet jy besluite neem... gaan jy links, regs of reguit aan en in sommige omstandighede sal jy maar jou motortjie in trurat sit en maar teruggaan van waar jy kom?
Persoonlik voel ek dat ek op hierdie stadium van my lewe heeltemal genoeg kruispaaie gehad het. Genoeg kere het ek my kaduks teen mure vasgeloop, genoeg kere het ek my flenters geval, genoeg kere het ek in gedaanstraat gesit.
In retrospek besef ek dat elke aksie wat ek neem gewoonlik 'n reaksie het. Ek glo dat 'n mens nogal die negatiewe dinge wat in jou lewe gebeur oor jouself bring. Ek glo dat dit besluite is wat jy teen God se wil neem is wat jou in die warmwater laat beland. Dit is wanneer ons die paadjie wil loop wat nie vir ons bedoel is nie, hoe goed ookal jou oorspronklike intensies was, dit was nie wat vir jou bedoel was nie.
Nou hoe weet 'n mens dan ooit of jy die regte besluite neem? Hoe kan jy ooit seker wees dat jy die 'regte' ding doen? God gooi tog nie vir ons briefies deur ons slaapkamervenster om ons op die regte pad te hou nie? Persoonlik hoor ek nie 'n stemmetjie of kry 'n visioen oor wat reg en verkeerd is nie. Of kry ek dit en 'hoor' of 'sien' dit net nie? Het ons moderne besige lewens ons nie dalk afgestomp vir die dieper dinge nie? Hoe kan jy dan nou 'n sagte fluistering in die middel van die stad hoor? Wanneer gaan ons weer leer om stil te raak en biddend te luister - let wel nie bid nie - biddend luister.... Ons is so besig om ons alles by God uit te stort om hom van ons bekommernisse, vrese, vreugdes ens. te vertel dat ons tog vergeet om net te luister....
As ons kan leer om weer te luister, sal ons nie dalk by 'n punt kom waar ons minder 'vreemde paaie' bewandel nie? Ek weet nie, maar ek glo en solank daar geloof en vertroue is, glo ek dat ek iewers sal kom, miskien weer op die verkeerde pad, maar met die uitpunt voor oë kan ek maar soms so bietjie die pad byster raak...
Wednesday, August 27, 2008
Geluk
Vir my is geluk om in vrede met jouself te wees. Om te weet wie jy is en wie jy nie wil wees nie, wat jy kan en nie kan doen nie, wat jy wil en nie wil doen nie. Om te weet waartoe jy instaat is en vrede te maak met dit wat jy nie kan doen of bemeester nie. Om te weet met wie jy jouself wil omring en wie jy uit jou lewe wil skuif en dan die moed te hê om dit te doen. Om met oortuiging nee te sê en nie daaroor skuldig te voel nie.
Elke mens het 'n keuse hoe hy of sy hulle lewens wil inrig. Die keuse is joune, maak jou keuse om gelukkig te wees. Maak jou keuse om in vrede met jouself te lewe, maak die keuse om so te leef dat jy as jy in die aand in die bed klim tevrede kan terugleun en sê, dit was die moeite werd.
Gelukkig beteken nie dat jy nie meer negatiewe emosies gaan beleef nie, dit beteken nie dat jy nie hartseer of seergemaak gaan voel nie, dit beteken allermins dat jy 'n 'maklike' lewe gaan hê, dit beteken bloot dat jy die beste sal doen met dit wat vir jou uitgedeel word, dat jy sal opstaan as jy val en sal voortbeur as die lewensstorms om jou slaan....
Saturday, August 23, 2008
Nog net een...
Maar heellaas 'n nuwe tydvak in ons lewens het aangebreek. Wat sal wees sal wees en ek is soortvan reg daarvoor. Ek pas gelukkig maklik aan, miskien omdat ek net my eie ding doen, omdat ek my nie veel aan ander so doen en late steur nie en my nie ophou met tydrowende snert nie.
My tyd is beperk en ek sal vanselfsprekend eers vir Telkom moet wag as ons gearriveer het, maar tot dan (as ek nie intussen 'n 'bee' in my 'bonnet' kry om weer te skryf nie), sterkte vir julle en dink aan my in die enorme taak wat op my wag...
Tuesday, August 19, 2008
Wees bitter versigtig!
... moenie die swart kat kwaad maak nie...
Naskrif: Gooi sommer 'n paar korreltjies sout ook oor die linkerskouer net vir ingeval!