Tuesday, September 30, 2008

Jou huis is waar jou hart is...

My nuwe tuiste is net dit, 'n stopstraat, oornagplek, noem dit wat jy wil. Dis nie myne, net 'n huurhuis. Ons wag vir ons huis om verkoop te word, sodat ons vir ons weer ons eie kan bymekaarmaak. Uit die aard van die saak kan ek nou nie vir julle die buitekant van iemand anders se huis wys nie, maar hier is so ietsie van die "inside's"...


Dis dit Sitkamer, waar ons bitter min tyd spandeer aangesien ons nie TV mense is nie.






Dis die eetkamer gedoente... Hierdie is 'n 'oopplan' huis. Ek sukkel so bietjie met hierdie konsep maar sal nog daar kom. Die lessenaartjie voor die venster is een wat my pa vir my seuntjie gemaak het en ek is bitter heilig op hom, daarom is hy dan sommer so ingedruk. Ek weier dat hy 'n staanplek in die motorhuis vind.


Hierdie stoel is al vir geslagte in my man se familie. Handgemaak en pragtig...



Van my eie studeerkamer tot ingedruk in 'n hoekie!!!! In die agtergrond is die gang wat na die slaapkamers ly en die kombuis aan die linkerkant.




Oi, hoekom ek ook nou nie kon wag tot die kombuis aan die kant is nie, sal ek nie weet nie, maar daarsy!!! Met 'n GROEN INDUSTRIEELE MAT wat my nog teen die mure gaan uitdryf!!!! Wat die mense besiel het, sal ek nie weet nie!


Poppedyn se kamer...






Met die kot en sy afgesaagde pote!!! Ons kon hom glad nie andersins in die kamer inkry nie... Lees hier as julle nie die storie van die kot ken nie...




Ouboet se kamer.



En ons kamer wat sommer as doekruilstasie en alles moet dien omdat daar eenvoudig net nie plek is vir alles nie.
Nou ja, daar het julle dit... My tydelike koninkryk...


5 comments:

Muriel said...

Hi vriendin dis te lekker om jou huisie te sien. Ek kan sommer sien dis jou huis, dit lyk baie gesellig en huislik! Pragtige meubelstukke!

Ek hou baie van die kinders se kamers!

Nee wat ek dink dis baie oulik en jy gaan lekker daar bly.

Ek gaan jou mis, maar sal definitief kontak hou!


Dankie dat jy vir ons gewys het! mompel mompel ek moes ook eers moan voor ek kon sien hoe lyk jou plekkie! whahahaha

Liefde
x x

Anonymous said...

Jou meubels is pragtig! Ek is versot op ou meubels. Ek is baie gelukkig om 'n hele paar erfstukke te kan hê. Ek dra hulle eerste uit die huis uit as ons huis brand. Okay, okay. NA die kinders sal ek my meubels uitdra!

Muriel said...

wha ha ha Ogies!!! Jy is weer op jou stukke vanoggend!

Pikkelik se blik said...

Ogies ek voel net so oor my meubels!!! Die goed is al geslagte lank in my en in my man se families... Ek dink tog ek sal ook darem eers die kinders uitdra!!! LOL!!! Moontlik sal ek eers vir Mynick ook skree om te hol....

eilandkind/islandchild said...

Ja nee, dis lekker hier op blogger Pikkie! Ek hou van jou blog!
Daardie Cars bed en duvet is so oulik, jou kindertjies is opvreetbaar oulik weet jy.