Saturday, August 23, 2008

Nog net een...


Nog net een slapie dan kom Mynick huistoe! Net nog een nag van rondrol, luister, stres, bangwees en wat nog alles. Ek kan nie wag nie, die volgende vier of vyf dae gaan definitief 'n nagmerrie wees, alles moet reg wees teen Donderdag wanneer die groot trek aanbreek. Ek kan my eie gevoelens nie verstaan nie. Aan die een kant is ek kinderlik opgewonde om weer in 'n regte dorp te bly, om naby die winkels te wees, om naby 'n dokter en apteek te wees. Om vinnig gou 'n brood of 'n stukkie vleis by die naaste Pick en Pay of Woolies te gaan koop en om sommer net in 'n af halfuurtjie deur die klerewinkels te slenter... maar aan die anderkant gaan ek my relatiewe sorgelose, afgesonderde bestaan mis. Ek gaan my huis en my tuin mis. Ek gaan die ruimte en die spasie mis... En ja ek gaan die stofpaaie en slaggate mis... Ek gaan dit mis om vir dae lank in my huisie weg te kruip sonder om te stres oor wat gaan die mense sê, ek gaan die asemrowende natuurskoon van die plantasies mis en ek gaan die sonsopkoms oor die berg van my voorstoep af mis.


Maar heellaas 'n nuwe tydvak in ons lewens het aangebreek. Wat sal wees sal wees en ek is soortvan reg daarvoor. Ek pas gelukkig maklik aan, miskien omdat ek net my eie ding doen, omdat ek my nie veel aan ander so doen en late steur nie en my nie ophou met tydrowende snert nie.

My tyd is beperk en ek sal vanselfsprekend eers vir Telkom moet wag as ons gearriveer het, maar tot dan (as ek nie intussen 'n 'bee' in my 'bonnet' kry om weer te skryf nie), sterkte vir julle en dink aan my in die enorme taak wat op my wag...

4 comments:

Muriel said...

Hi Pikkie

Sterkte vriendin. Ek is seker dit is nie maklik om alles agter te laat nie. Maar jy sal vinnig aanpas in jou nuwe dorp. Jy kan nogsteeds in jou huis wegkruip!! Sit net 'n bordjie buite op "Don't disturb" Jy kan lekker gaan shop!!!! Take aways gaan koop as jy nie wil kos maak nie ;)

Ek moet jou moed inpraat, al wil ek saam jou huil!! whahaha snik snik whaahahaha Sien jou volgende week!!!

(Ek sal ook hartseer voel as ek so mooi plek moet agterlaat!!)

((((Piksie))))

Anonymous said...

Baie sterkte Pikkie! Ek dink baie aan julle!
Ten minste gaan jy nie wegtrek van jou blogmaats af nie ;-)
Sien uit na al jou nuwe stories mater!

Pikkelik se blik said...

Dankie julle tweetjies, as die nie vir my blogmaats was nie was ek seker lankal in Sterkfontein... Julle is baie spesiaal!

Anonymous said...

Hallo daar, dis my eerse inloer by jou en om die minste te se is ek heel "chuff" met van julle ouens wat blogspot toe tref :-). Ek weet van trek van alles agterlaat en dis nooit maklik nie, maar ek sien jy het al hierdie blogmaats wat ondersteun, wat 'n voorreg. Hulle trek saam. Sterkte