Monday, October 27, 2008

Wednesday, October 15, 2008

Before I were a mom...



Before I were a Mom
I made and ate hot meals.
I had unstained clothing.
I had quiet conversations on the phone.
Before I were a Mom,
I slept as late as I wanted
And never worried about how late I got into bed.
I brushed my hair and my teeth everyday.



Before I were a Mom
I cleaned my house each day.
I never tripped over toys or forgot words of lullabies.
Before I were a Mom
I didn't worry whether or not my plants were poisonous.
I never thought about immunizations


Before I were a Mom
I had never been puked on
Pooped on
Spit on
Chewed on
Peed on
Or pinched by tiny fingers
Before I were a Mom I had complete control of:
My thoughts
My body
And my mind.
I slept all night


Before I were a Mom
I never held down a screaming child so that doctors
could do tests or give shots.
I never looked into teary eyes and cried.
I never got gloriously happy over a simple grin.
I never sat up late hours at night watching a baby sleep.

Before I were a Mom
I never held a sleeping baby just because I didn't want
to put it down.
I never felt my heart break into a million pieces
when I couldn't stop the hurt.
I never knew that something so small could affect
my life so much.
I never knew that I could love someone so much.
I never knew I would love being a Mom.

Before I were a Mom
I didn't know the feeling of having my heart outside my body.
I didn't know how special it could feel to feed a hungry baby.
I didn't know that bond between a Mother and her child.
I didn't know that something so small
Could make me feel so important.



Before I were a Mom
I had never gotten up in the middle of the night
Every 10 minutes to make sure all was okay
I had never known the warmth
The joy
The love
The heartache
The wonder
Or the satisfaction of being a Mom.
I didn't know I was capable of feeling so much before I were a Mom.




















Friday, October 10, 2008

Hallo pragtig!!!




Baie welkom in ons wêreld meisiekind!







Klein Mia is gister die 9de Oktober om 14h44 in Pretoria gebore. Sy is 46cm lank en weeg 'n hele 2.84kg!




Mandie en Jansie - baie geluk vir julle, mag sy vir julle nog baie vreugde bring!





Love Incarnated

Hold your breath
And take a peek
You’ve never seen
A girl this sweet

Long eyelashes
Perfect lips
Feel how strong
Her fingers grip!

Eyes squeezed tight
A baby sigh
Mommy whispers
A lullaby

Daddy tweaks
A tiny curl
In silent pride
His little girl

Not a whimper
Good as gold
In loving arms
That ached to hold

Months of waiting
Now she’s here
They share a smile
And then a prayer

Thank you Father
Up above
For this new gift
Of living love

~ Kristen Singh ~


Mia-lief, jou mamma kon nog nooit hardloop, spring, netbal speel, dans, aan atletiek deelneem of hopscotch speel nie, maar op een of ander manier, ek dink dis 'n kombinasie van genade en suiwer wilskrag het sy jou 'n volle 38 weke gedra! Jy is geseënd met 'n engel van 'n mamma, wees goed vir haar. En Jansie, wees lief vir haar. Sy is kosbaar.
Mandie - ek salueer jou!!! Jy het reggekry wat almal insluitende die wetenskap gesê het onmoontlik is. Ek buig laag!!!!



Sunday, October 5, 2008

Normaal


Wanneer is iemand normaal? In ons samelewing word iemand met 'n gebrek gewoonlik geklassifiseer as abnormaal, maar tog wonder ek of dit nie dalk daardie mense is wat die normaalste van ons almal is nie. Ek kyk na die wêreld om my en ek sien bitter baie lyding. Daar is mense met fisiese gestremdhede wat dit moeilik vind om net te praat of te hoor of selfs om so 'n simpel ding te doen soos om toilet toe te gaan. Dan is daar mense wat so afgetakel word deur 'n siekte of siektes en ook nie al die 'normale' dinge kan doen nie.

Daar is mense wat se psige versteurd geraak het. Mense met 'sindrome' en dies meer wat nog nooit en ook nooit sal 'n 'normale' lewe leef nie. Grootmense wat vasgevang sit in 'n kinderverstand. 'n Nabye familielid het Outisme. 'n Pragtige meisiekind van sestien wat die verstand van 'n 4 of 5 jarige het. 'n Ouer wat die res van haar lewe haar baba moet versorg. En haar dan nog moet bekommer oor wat van haar baba gaan word as sy die dag nie meer daar is nie. 'n Ouer wat self aan spierdistrofie ly en party dae nie eers haar arms kan oplig nie, wat nog te sê haar 16 jarige kan help aantrek, hare kam, tande borsel, en gereed kry vir skool.


Waarby ek eintlik wil uitkom en wat vir my bitter opvallend is, is die feit dat dit juis hierdie mense 'n wat 'n lewensvreugde, 'n dankbaarheid uitstraal wat my, my kop in skaamte wil laat sak. Ek sê nie almal nie, ek sê die meerderheid. Dis asof God hulle met die gawe van blymoedigheid in die hoogste graad geseën het. Ja, hulle beleef ook hulle donker tye, maar dit is asof daar altyd 'n vlammetjie in hul lewens brand.

Uit hierdie mense se lewens het ek al die mooiste musiek, die pragtigste gedigte, die lieflikste skilderye gesien. God het nie vir hulle halwe gawes gegee nie, hy het hulle volluit geseën!!

Hierdie is van my skilderye wat ek by so 'n baie spesiale persoon gekoop het. Ek maak 'n punt daarvan om as ek iets nuut wil hê en ek het 'n los geldjie, altyd by haar te koop. Sy het so 8 jaar gelede 'n verlammende beroerte gehad, maar het iets van haar lewe gemaak. Thanx Nicky...






(Ek kannie eers ordentlike foto's geneem kry nie.... )

Hier het ek nog 'n dame raakgelees wat die allermooiste gedigte skryf. Sy het 'n skryftalent sonder weerga, haar eerlikheid bring trane in my oë en ek gaan soek daagliks daar om te kyk of sy nie dalkies nog ietsie bygeskryf het nie. Syself ly aan Spierdistrofie.


Hier is so ietsie van haar blog af: (Zonika, vergewe my asseblief die plagiaat...)



Ek het die lewe tegemoet geloop
met agtienjarige alwetendheid
ʼn sak vol drome
en woelende ongeduld

Ek het die lewe uitgedaag
met jeugdige onbesonnenheid
al sy ure kaal gestroop
en hom móég geleef

En nou in my grysheid
by kalme waters en sielerus
is dit my herinneringe
wat brandhout teen die winter is


Hiermee bring ek dan hulde aan al daardie spesiale mense wat te goed doen en is om 'normaal' te wees. Ek buig laag, kap my hakke teen mekaar en saluut julle! Mag God in sy Almag en Genade julle moeilike paaie met die geur van roosblare verfris...




Friday, October 3, 2008

Stukke van my hart!

As jy my hart sou oopkap wat sou jy kry! Eerstens my man - Mynick - my alles en dan my twee kinders.... Ek het hulle so vreeslik lief!

Ouboet is nou 4 jaar en ses maande...


En Poppedyn is 1 jaar en amper 4 maande!!!!

My Pride en Joy!!!!


Thursday, October 2, 2008

Om te glo...


(Hierdie inskrywing kom net so van my ander blog af, maar omdat ek nie weet hoe lank daardie blokkie nog gaan hou nie, sit ek hom ook hierdie kant op.)
'n Baie onlangse inskrywing van een van my gunsteling bloggers het my by hierdie vraag laat uitkom. Ek gaan doelbewus nie link of die naam noem nie, want ek wil nie haar blog verder besoedel hê nie. (En asseblief dit het niks te doen met iemand wat oor wetenskap blog of oor 'donker' skryf nie!!!!)


Wat glo ek en hoekom glo ek... Dis eintlik bitter eenvoudig. Ek is een van daardie gelukkige/ongelukkige- mense wat iets kan glo sonder om dit te sien. Ek kan kies om iets te glo en daarby bly ten spyte van wat ander my probeer oortuig. Ek kies om in God te glo, ek kies om in sy Almag te glo, ek kies om in die Ewige lewe te glo... sonder bewyse... Ek kies om in die Bybel te glo, omdat ek WIL.


Ek kies om in die mooi goed van die lewe te glo... Vriendskap, Vreugde, Vrede, Verdraagsaamheid - al bewys die wêreld daagliks die teendeel. Ek kies om te glo dat die lewe goed is. Dat daar nog mense is wat omgee en saamstaan. Ek kies om te glo in goeie huwelike, wat hou 'till death do us part' al bewys die samelewing daagliks die teendeel. Ek kies om te glo dat daar in die donkerste omstandighede 'n helder lig net om die hoek skyn. Ek kies om te glo dat mense inhirent goed is, ten spyte van die verkeerde dinge wat hulle aanvang. Ek kies om te glo in 'n toekoms vir my kinders.


Ek is ingestel daarop om eerder die pragtige waterval as die dooie vis raak te sien. Ek is ingestel om eerder die kleure van die sonsondergang as die lugbesoedeling raak te sien. Ek verjeug my oor elke babatjie wat gebore word eerder as om te kwel oor wat van die arme mens gaan word....
Miskien is ek naief, maar ek sal wragtig nie toelaat dat die negatiewe samelewing of die wetenskap my van my lewensvreugde beroof nie. Ek kies om aan die 'nice' dinge in die lewe te glo. Ek is opgewonde as argeoloë beweer hulle het iets ontdek... Nie omdat dit vir my iets bewys nie, bloot omdat dit interressant is. Geen ontdekking van 'n ark of 'n stad of 'n grot of 'n kruis 'for that matter' gaan 'n verandering in my geloof teweeg bring nie, maar dit is eenvoudig vir my 'amazing'.


Maak dit van my 'n slegter, dommer, eenvoudige mens.... Ek glo nie. Dit maak bloot my lewe interressant, my hart gelukkig en hou my vlammetjie aan die brand.


Ek skryf nie hierdie dinge om 'n vreeslike argument aan die gang te sit nie, ek skryf dit nie eers om kommentaar te hoor nie, ek skryf dit bloot omdat ek wil. Ek wil nie van die teendeel oortuig word nie, so asseblief moenie 'n slagveld van hierdie post maak nie. Ek is versot op vrede.... Ek is versot op die mooi dinge in die lewe en meer nog ek kyk deur 'n rooskleurige bril na die lewe.


Beteken dit dat ek nog nooit die donkerkant van die lewe gesien het nie. As julle dit glo het julle nie 'n idee nie. Ek kan insetsels uit my lewe vertel wat mense se hare sal laat regop staan, juis daarom of miskien as gevolg daarvan, of moontlik omdat hierdie dinge in my lewe gebeur het en ek moes kies om 'n rassionele, denkende, 'normale' mens te bly glo ek in dit wat mooi is. Ek is nie onnosel nie, ek weet ons lewe nie in 'lala-land' nie. MAAR weereens ek KIES om die mooi raak te sien, om my kinders van feëtjies en kaboutertjies te leer, om hulle te laat glo in Kersvader en die tandemuis, om hulle die mooi kant van die lewe te wys en dan wanneer die tyd reg is, hulle te lei en te leer dat hulle ook kan kies om positief te wees ten spyte van die gebroke, afskuwelike wêreld waarin ons bly...