Before I were a Mom I made and ate hot meals. I had unstained clothing. I had quiet conversations on the phone. Before I were a Mom, I slept as late as I wanted And never worried about how late I got into bed. I brushed my hair and my teeth everyday.
Before I were a Mom I cleaned my house each day. I never tripped over toys or forgot words of lullabies. Before I were a Mom I didn't worry whether or not my plants were poisonous. I never thought about immunizations
Before I were a Mom I had never been puked on Pooped on Spit on Chewed on Peed on Or pinched by tiny fingers Before I were a Mom I had complete control of: My thoughts My body And my mind. I slept all night
Before I were a Mom I never held down a screaming child so that doctors could do tests or give shots. I never looked into teary eyes and cried. I never got gloriously happy over a simple grin. I never sat up late hours at night watching a baby sleep.
Before I were a Mom I never held a sleeping baby just because I didn't want to put it down. I never felt my heart break into a million pieces when I couldn't stop the hurt. I never knew that something so small could affect my life so much. I never knew that I could love someone so much. I never knew I would love being a Mom.
Before I were a Mom I didn't know the feeling of having my heart outside my body. I didn't know how special it could feel to feed a hungry baby. I didn't know that bond between a Mother and her child. I didn't know that something so small Could make me feel so important.
Before I were a Mom I had never gotten up in the middle of the night Every 10 minutes to make sure all was okay I had never known the warmth The joy The love The heartache The wonder Or the satisfaction of being a Mom. I didn't know I was capable of feeling so much before I were a Mom.
Mia-lief, jou mamma kon nog nooit hardloop, spring, netbal speel, dans, aan atletiek deelneem of hopscotch speel nie, maar op een of ander manier, ek dink dis 'n kombinasie van genade en suiwer wilskrag het sy jou 'n volle 38 weke gedra! Jy is geseënd met 'n engel van 'n mamma, wees goed vir haar. En Jansie, wees lief vir haar. Sy is kosbaar. Mandie - ek salueer jou!!! Jy het reggekry wat almal insluitende die wetenskap gesê het onmoontlik is. Ek buig laag!!!!
Wanneer is iemand normaal? In ons samelewing word iemand met 'n gebrek gewoonlik geklassifiseer as abnormaal, maar tog wonder ek of dit nie dalk daardie mense is wat die normaalste van ons almal is nie. Ek kyk na die wêreld om my en ek sien bitter baie lyding. Daar is mense met fisiese gestremdhede wat dit moeilik vind om net te praat of te hoor of selfs om so 'n simpel ding te doen soos om toilet toe te gaan. Dan is daar mense wat so afgetakel word deur 'n siekte of siektes en ook nie al die 'normale' dinge kan doen nie.
Daar is mense wat se psige versteurd geraak het. Mense met 'sindrome' en dies meer wat nog nooit en ook nooit sal 'n 'normale' lewe leef nie. Grootmense wat vasgevang sit in 'n kinderverstand. 'n Nabye familielid het Outisme. 'n Pragtige meisiekind van sestien wat die verstand van 'n 4 of 5 jarige het. 'n Ouer wat die res van haar lewe haar baba moet versorg. En haar dan nog moet bekommer oor wat van haar baba gaan word as sy die dag nie meer daar is nie. 'n Ouer wat self aan spierdistrofie ly en party dae nie eers haar arms kan oplig nie, wat nog te sê haar 16 jarige kan help aantrek, hare kam, tande borsel, en gereed kry vir skool.
Waarby ek eintlik wil uitkom en wat vir my bitter opvallend is, is die feit dat dit juis hierdie mense 'n wat 'n lewensvreugde, 'n dankbaarheid uitstraal wat my, my kop in skaamte wil laat sak. Ek sê nie almal nie, ek sê die meerderheid. Dis asof God hulle met die gawe van blymoedigheid in die hoogste graad geseën het. Ja, hulle beleef ook hulle donker tye, maar dit is asof daar altyd 'n vlammetjie in hul lewens brand.
Uit hierdie mense se lewens het ek al die mooiste musiek, die pragtigste gedigte, die lieflikste skilderye gesien. God het nie vir hulle halwe gawes gegee nie, hy het hulle volluit geseën!!
Hierdie is van my skilderye wat ek by so 'n baie spesiale persoon gekoop het. Ek maak 'n punt daarvan om as ek iets nuut wil hê en ek het 'n los geldjie, altyd by haar te koop. Sy het so 8 jaar gelede 'n verlammende beroerte gehad, maar het iets van haar lewe gemaak. Thanx Nicky...
(Ek kannie eers ordentlike foto's geneem kry nie.... )
Hier het ek nog 'n dame raakgelees wat die allermooiste gedigte skryf. Sy het 'n skryftalent sonder weerga, haar eerlikheid bring trane in my oë en ek gaan soek daagliks daar om te kyk of sy nie dalkies nog ietsie bygeskryf het nie. Syself ly aan Spierdistrofie.
Hier is so ietsie van haar blog af: (Zonika, vergewe my asseblief die plagiaat...)
Ek het die lewe tegemoet geloop met agtienjarige alwetendheid ʼn sak vol drome en woelende ongeduld
Ek het die lewe uitgedaag met jeugdige onbesonnenheid al sy ure kaal gestroop en hom móég geleef
En nou in my grysheid by kalme waters en sielerus is dit my herinneringe wat brandhout teen die winter is
Hiermee bring ek dan hulde aan al daardie spesiale mense wat te goed doen en is om 'normaal' te wees. Ek buig laag, kap my hakke teen mekaar en saluut julle! Mag God in sy Almag en Genade julle moeilike paaie met die geur van roosblare verfris...
Hallo my naam is Pikkie, net nog 'n doodgewone vrou. Ek het ‘n wonderlike man, Nic (die beste ooit) en twee kinders, John (4) en Cathrine (1). Ons leef nog na aan mekaar as gesin, eet gesond en kyk bitter min televisie.
Ek is mal oor lees en gesels en natuurlik om my mening te lig!
Hierdie is my platvorm om my sê te sê en kommentaar te kry op my mening, wat ook maar soms verwronge kan wees. Ek doen nie gevegte nie!!! Geen gevegte van enige aard word hier toegelaat nie! As jy wil baklei, druk die rooi kruisie bo aan die regterkant van jou skerm en gaan weg.